Krieket: Proteas veg om oorlewing

Krieket: Suid-Afrika veg om oorlewing in die derde en laaste toets in Sydney teen Australië. Die derde dag se spel is heeltemal deur reën in die wiele gery met die Australiese aanvangskolwer Usman Khawaja onoorwonne op 195 in Australië se eerste beurt. Vandag se spel is ook deur ‘n nat buiteveld vertraag, maar het uiteindelik hervat en Australië het sy eerste beurt op sy oornag-telling van 475 vir vier gesluit verklaar. Die Proteas het met die einde van spel op die vierde dag  149 vir ses op die telbord gehad – ‘n agterstand van 326 lopies. Marco Jansen met tien, en Simon Harper op ses lopies, gaan môre Suid-Afrika se eerste kolfbeurt voortsit.