Strenger strawwe vir rassisme en geslagsgeweld gepleit

ʼn Lid van die uitvoerende komitee van die ANC, David Makhura, sê streng maatreëls is nodig om oortreders van rassisme en geslagsgeweld te straf. Hy het by die 111-de verjaardagvieringe van die party in die Vrystaat terugvoer gegee oor die werksaamhede van die komitee vir strategie en taktiek. Makhura vra vir meer beleidsbeginsels en instrumente om te help om oortreders van sulke misdade aan die pen te laat ry.