Delta-variant van die koronavirus bied skynbaar nuwe uitdagings

Volgens internasionale nuusagentskappe is honderde mense in Brittanje wat reeds teen Covid ingeënt is, in die hospitaal opgeneem met die Delta-variant. Van 19 Julie tot 2 Augustus was 55,1 present van die 1,467 mense wat in die hospitaal opgeneem is met die Delta-variant nie ingeënt nie, terwyl 34,9 persent of te wel 512 mense, twee dosisse gekry het. 19 Julie was die datum waarop Engeland die beperkings op die inperking aansienlik verlig het. Alle entstowwe wat in die Verenigde Koninkryk gebruik word-dié wat deur AstraZeneca, Moderna en Pfizer-BioNTech vervaardig word-vereis dat ontvangers twee dosisse ontvang om volledig ingeënt te word. Ongeveer 75 persent van die Britse bevolking het tot dusver twee inentings gekry.