Nie alle pensioenarisse het hul maatskaplike toelae ontvang

Verskeie gefrustreerde pensioenarisse en mense met gestremdhede het by die maatskaplike welsynskantoor in Khomasdal in die hoofstad byeengekom, omdat hul maatskaplike toelae nie betaal is nie. Die pensioenarisse is nie betaal nie weens verskeie redes soos onder meer uitstaande dokumentasie en die verkeerde spelling van hul name. Sommiges het net die helfte van hul toelae ontvang, terwyl ander eers hul uitbetalings in September verwag. ‘n Pensioenaris bekla haar lot.