DBV: Vuurwerke het impak op diere

Vuurwerke is tydens die feesseisoen langs die kus verbied, maar Stad Windhoek het ‘n vuurwerkvertoning op Oujaarsaand aangebied. Volgens die Dierebeskermingsvereniging is vuurwerke nadelig vir troeteldiere met sommiges wat die hasepad kies en ander wat beseer word. Die nasionale direkteur van die vereniging, Hanna Rhodin, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus watter impak vuurwerke op diere het.

Sy het ook ‘n beroep op die publiek gedoen om hul troeteldiere te steriliseer.