Patricia de Lille bevestig voorlopige brandverslag dié week verwag

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare werke Patricia de Lille het bevestig ‘n voorlopige verslag oor die oorsaak van die brand in die Parlement, word dié week afgewag. ‘n Forensiese span het vandag met hul ondersoek begin. De Lille het by ‘n inligtingsessie gesê die verslag, wat nie later nie as Vrydag verwag word, sal bydra om die herstelkoste te bepaal.