ANC-hoofsweep sê dit is nie nodig dat parlement na Tshwane verskuif

Die ANC se hoofsweep, Pemmy Majodina, sê dit is nie nodig vir die parlement om na Tshwane verskuif te word nie. Sy sê daar is verskeie faktore wat so ‘n stap onmoontlik maak. Sy het gesê daar is verskeie alternatiewe moontlikhede en dat sy vol vertroue is dat die werk nie deur die brand in die gedrang sal kom nie.

Sy het ook gesê dat die veiligheidsmaatreëls in die parlement nie op standaard is nie.