DBV vra hulp na Noord-Kaapse brand

‘n Span inspekteurs van Suid-Afrika se Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings werk sedert vroeg die week om diere te red van brande wat in die Noord-Kaap woed. ‘n Woordvoerder van die Raad, Kehvi Nair, sê talle diere het gevrek nadat hulle in die vlamme vasgekeer is. Die raad doen ‘n beroep op die publiek om geld aan die vereniging se rampfonds op hulle webtuiste te skenk. Die NRDBV doen ook ‘n beroep op enigiemand wat met lugvervoer kan help om met hulle in verbinding te tree. Nair het ook direkte hulp met diere wat gered is, versoek: