Kim Jong-un sal met Suid-Korea vergader

Die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un, is gewillig om volgende maand oorgrens-kommunikasielyne met Suid-Korea te herstel. Hy sê dit is om vrede te bewerkstellig, maar het gewaarsku dit hang geheel en al van Seoul af wat in die toekoms sal gebeur. Pyongyang het verbindingslyne in Augustus verlede jaar afgesny uit protes teen Suid-Korea se militêre oefeninge. Kim sê Suid-Korea volg steeds die VSA en uit wedersydse respek moet onregverdige standpunte en dubbel standaarde laat vaar word.