DBV behandel meer as 200 werkdiere

Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië het ‘n nuwe projek saam met the Society for the Protection of Animals Abroad, Spana, in landelike gebiede van stapel gestuur. Die DBV onder leiding van die veearts en projekkoördineerder, dr. Jaco Brink, het hul eerste werkdiere-welsyn-uitreikprojek in Oktober gehad. Sedertdien het meer as 200 werkdiere soos donkies, muile en perde behandeling gekry, sê Hanna Rhodin, die nasionale direkteur van die DBV, aan Kosmos 94.1 Nuus.