Meer griepgevalle in SA se komende griepseisoen verwag

Die SA Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland sê hy verwag ‘n toename in die aantal jaarlikse griepgevalle hierdie komende griepseisoen. Prof. Cheryl Cohen van die NIOS se Sentrum vir Respiratoriese Siektes sê die isolasie, veroorsaak deur die Covid-inperkings, het gelei tot ‘n afname in die aantal mense wat aan die jaarlikse griep blootgestel is. Fritz Platt, ons Kaapse korrespondent is aan die woord.