Kitshoff sal Stormers Saterdag lei

Die Stormers se medekaptein, Salmaan Moerat, is weens ‘n kniebesering uitgelaat vir Saterdag se Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting teen die Haaie op Kingspark in Durban. Hy het die besering opgedoen tydens hulle oorwinning verlede naweek oor die Bulle. Afrigter John Dobson sê Moerat het sy mediale kollaterale ligament oftewel die MCL-weefsel in sy knie beskadig en sal waarskynlik tussen ses tot agt weke buite aksie wees. Steven Kitshoff, wat dié seisoen mede-kaptein saam met Moerat is, sal die span lei.