DBN kyk na vereistes om meer lenings toe te staan

Die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië Martin Inkumbi het bevestig dat die leningsfasiliteit wat daargestel is vir die jeug tydens die pandemie, nie gewild is nie. Saam met die Duitse KfW-ontwikkelingsbank, is 450 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens die Covid-perskonferensie melding hiervan gemaak en haar kommer uitgespreek oor die voortgesette Covid-uitdagings. Inkumbi sê hulle ondersoek ‘n aanpassing in die vereistes…