Instandhouding sal ook beurtkrag verminder

Die Stad Tshwane sê indien kragstasies opgeknap word, sal dit die uitwerking van beurtkrag bekamp. Dit volg nadat inwoners burgemeester Randall Williams se gewaagde stelling dat Tshwane nooit weer kragonderbrekings sal beleef nie, bevraagteken het. ‘n Woordvoerder, Sipho Stuurman, verduidelik dat daar ‘n ware oorsaak was vir die onlangse onderbrekings in Wapadrand en Mooiplaas, en dit is wat die burgemeester wou oordra: