Daar is wetgewing wat die kommersiële slag van honde in Namibië verbied
Die Justice for Animals-drukgroep sê in ‘n verklaring dat ‘n verbod op die slag van honde om sy liggaam, vel of enige ander deel kommersieel te benut in die huidige wetgewing vervat is. Op die oomblik dien in Dierebeskermingswet van 1962 steeds as die enigste wet in die land en die bepaling, wat in 1972 in die buurland bekragtig is, het plaaslik wet geword op 1 Januarie 1973. Daar is ‘n nuwe wetsontwerp vir dierebeskerming en –welsyn wat destyds deur Sacky Shangala opgetrek is, maar dit is nog nie van krag nie. Dus sê die drukgroep, dat die bepaling, wat tronkstraf van tot ses maande kan insluit, steeds van krag is in die land. Die slag en eet van honde is die afgelope tyd in die nuus in die land.