DA wil Zuma se mediese parool ter syde laat stel

Die DA-leier John Steenhuisen sê die party gaan dokumente by die Noord-Gautengse hooggeregshof indien om die besluit van Korrektiewe Dienste se kommissaris, Arthur Fraser, oor Jacob Zuma se mediese parool te hersien, onwettig te verklaar en ter syde te stel. Steenhuisen sê daar kan nie twee stelle wette in die land wees nie. Hy het sterk standpunt ingeneem teen die misbruik van mediese parool.