Drie Suid-Afrikaners betrokke by baanbreker navorsing

Drie Suid-Afrikaanse akademici was deel van ‘n internasionale span navorsers wat saamgewerk het om ‘n ingewikkelde wetenskaplike probleem op te los. Hulle wou vasstel hoe om proteïenstruktuur presies te voorspel. ‘n Navorser by die departement van mikrobiologie en biochemie aan die Universiteit van die Vrystaat, Dirk Opperman, sê hierdie baanbrekende ontdekking sal die ontwikkeling van meer gevorderde geneesmiddels moontlik maak. Hy het met ‘n doktorale student by die universiteit, Ana Ebrecht, en Albie van Dijk van die departement van biochemie by die Noordwes-Universiteit saamgewerk.