DA wil Kaapstad bevry van beurtkrag

Die DA in die Wes-Kaap sê die Stad Kaapstad het onlangs sy planne aangekondig om verbruikers wat krag terugvoer na die netwerk te begin betaal. Voorheen was vergoeding beperk tot krediet op munisipale rekeninge, maar nou sal die stad kontant begin betaal sodra ‘n kliënt se munisipale rekening vereffen is. Gillion Bosman van die DA sê die party verwelkom die stad se plan om sy inwoners te bevry van Eskom se deurlopende onderbrekings:.