VF-Plus: Cele mislei publiek oor agterstand van DNS-toetse 

Die Vryheidsfront Plus beweer die minister van polisie, Bheki Cele, mislei die publiek oor die vordering wat gemaak is met die agterstand in DNS-toetse. Cele het die stelling gemaak nadat agt vroue verlede week die slagoffers was van ‘n groepsverkragting in Krugersdorp. Die DNS-agterstand het van 150 131 tot 180 381 toegeneem. Die partyleier, Pieter Groenewald, sê polisieverslae wat aan die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie voorgelê is, is teenstrydig. Groenewald voeg by daar is verkragtingslagoffers wat langer as twee jaar wag vir DNS-uitslae om geslaagde vervolging te verseker.