Ongenooide vierpotige bruilofgas word deur egpaar aangeneem

‘n Pasgetroude Brasiliaanse egpaar, Douglas Robert en Tamiris Muzini, het besluit om ‘n rondloperhond aan te neem wat ‘n ongenooide gas by hul troue was. Die wit kruisras-hond het met hul gaste in die kerk gemeng en by die ingang geslaap terwyl hul trou aan mekaar gesweer het. Die bruid sê die hond het hulle opgewonde gegroet toe hulle die kerk verlaat en hulle het besef hy het hulle gekies om vir hom te sorg. X-strale het getoon die hond is in die verlede mishandel, maar hy is nou ‘n baie gelukkige lid van sy nuwe gesin.