DA verwelkom Ramaphosa se oproep

Die DA in Suid-Afrika het die oproep van president Cyril Ramaphosa op landsburgers om te help met die skoonmaak van strate môre op Mandela-dag verwelkom. Die party wil hê die president moet in ruil sy kabinet skoonmaak. Die leier van die DA, John Steenhuisen, eis die onmiddellike ontslag van die minister van Polisie, Bheki Cele en die Intelligensiehoof, Ayanda Dlodlo. Dit volg na die regering misluk het om wet en orde vinnig genoeg te herstel. Steenhuisen het ook die inwerkingstelling van planne verwelkom wat Ramaphosa in die middel van die week tydens beraadslagings met politieke partye bekendgemaak het.