Biotegnologie in die landboubedryf bespreek

‘n Dosent by die Universiteit van die Vrystaat, Errol Cason, sê boere en die landboubedryf maak al lank onwetend van biotegnologie gebruik. Vir baie jare al kies mense in die sektor sekere diere vir teeldoeleindes sonder om te besef dat hulle eintlik biotegnologie gebruik. Cason sê biotegnologie is in die alledaagse lewe van toepassing, met iets so eenvoudig soos kruisbestuiwing wat ‘n vorm van biotegnologie is. Hy waarsku egter die enigste gevaar is ‘n gebrek aan inligting vir verbruikers.