DA vaar uit oor SA Poskantoor

Die DA sê die finansiële toestand van die Suid-Afrikaanse Poskantoor veroorsaak steeds enorme ongerief vir miljoene Suid-Afrikaners. Die party-lid, Solly Malatsi, sê poskantoortakke regoor die land sluit teen ‘n kommerwekkende pas. Malatsi stel voor die enigste manier om die instelling te red, is om die regering se alleeneienaarskap te hersien. Hy voeg by privaat belegging is nodig om die plek te laat herleef waar burgers hul privaat pos, maatskaplike toelaes en pakkies afhaal.