Maties se spertyd vir rassisme-voorvalle is Vrydag

Die Menseregtekommissie het die Universiteit Stellenbosch tot Vrydag tyd gegee om die bevindinge voor te lê oor twee beweerde voorvalle van rassisme. Volgens die kommissaris, André Gaum, handel een van die voorvalle oor Theuns du Toit se beweerde urinering op Babalo Ndwayana se besittings. Intussen sê die universiteit se studente-aktivis, Kwenzokuhle Khumalo, die meeste van hulle griewe het nog nie aandag gekry nie, ondanks voortgesette klagtes oor ingewortelde rassisme by die instelling.