DA oorweeg opsies na ondersoek na speaker afgelas is

Die DA oorweeg sy opsies nadat die Parlementêre Komitee oor Magte en Voorregte besluit het om nie voort te gaan met die ondersoek na die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nie. Dit hou verband met haar rol in die parlementêre sekretaris, Xolile George, se salarisverhoging van 70-persent kort na sy aanstelling. Die komitee sê die speaker het bedank en daarom het hy nie meer jurisdiksie oor haar nie. Annelie Lotriet van die DA sê Mapisa-Nqakula moet steeds aanspreeklik gehou word: