Biomassa-aanleg is presies op die regte tyd – Uerikua

Die Biomassa Nywerheidspark is in aanbou noord van Otjiwarongo. Die biomassa-projek van 93 hektaar, waar tonne houtskyfies, houtskool, houtskoolbrikette, biobrandstof en bio-houtskool vervaardig sal word, is ‘n vennootskap tussen die Otjiwarongo munisipaliteit en die Duitse regering. Die goewerneur van Otjozondjupa, James Uerikua, sê die voltooiing van die biomassaprojek sal help om ontwikkelingshindernisse soos droogte aan te spreek. Dit sal ook help met die bosindringing wat weivelde of saailande raak. Die Otjozondjupastreek is bedek met meer as 10,5 miljoen hektaar digte indringerbos. Die goewerneur het bygevoeg dat die regering sy volle steun sal gee om te verseker dat die projek afskop en werksgeleenthede aan plaaslike inwoners bied.