Angola sluit grense vir Suider-Afrikaanse lande

Angola het sy grense vir Suider-Afrikaanse lande, Namibië inkluis, gesluit en die Angolese nasionale lugredery, TAAG het ook vlugte na dié lande opgeskort. Dit geld tot 5 Januarie 2022. Kwarantynmaatreëls behels dat Angolese burgers sewe dae in kwarantyn moet bly, maar burgers van Suider-Afrikaanse lande wat ten volle ingeënt is, is vrygestel van dié maatreëls. Uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge, Penda Nanda, sê Namibiërs mag steeds na Angola weens noodgevalle reis.