DA: Gesondheidsversekering sal die armstes van armes benadeel

Die DA het in die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid teen die mosie van geskiktheid oor die Nasionale Gesondheidsversekering gestem. Volgens die party sal Nasionale Gesondheidsversekering in wese die armstes van die armes benadeel, die belastingbetalende middelklas se rug breek en Suid-Afrika se ekonomie moontlik in bankrotskap dompel. Die DA-lid, Michele Clarke, sê die Wetsontwerp in sy huidige vorm en onder ANC-bestuur sal nooit omvattende gesondheidsorg in die land meebring nie.