Sambreel van N$20 000 keer nie die reën

‘n Sambreel wat 20 000 Namibiese dollar kos is een van die veelbesproke items in die komende Adidas en Gucci-versameling wat op die sewende van volgende maand bekend gestel word. Die sambreel se handvatsel is G-vormig en die patroon op die materiaal is die twee handelsmerke se embleme. Die sambreel is egter nie waterdig nie. ‘n Verteenwoordiger van Gucci se kliëntediens sê die item word nie as gewone sambreel aanbeveel nie, maar het versamelaarswaarde en is geskik as alledaagse bykomstigheid.