Kragonderbreking ten volle herstel

NamPower het aangekondig dat kragtoevoer ná die kragonderbreking in die sentrale, noordelike en kusgebiede van Namibië ten volle herstel is. Volgens ‘n mediaverklaring was die kragonderbreking weens ‘n stelsel-ineenstorting op die Kokerboom-Auas-kraglyn. NamPower vra by monde van sy woordvoerder, Tangeni Kambangula, verskoning vir enige ongerief wat tydens die kragonderbreking ervaar is.