DA boos oor hospitale se toestand

Die DA in Gauteng is onthuts omdat die plafon by die Leratong-hospitaal aan die Wes-Rand ineengestort en operasies erg ontwrig het. Die voorval het Maandag gebeur. Gelukkig is niemand beseer nie, maar talle operasies moes gekanselleer of uitgestel word. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê dit is nog ‘n voorbeeld van swak instandhouding by openbare hospitale, wat toenemend gevaarlik vir personeel en pasiënte raak.