DA bevraagteken weermag se opening van ketting bakkerye

Die DA is van plan om die verdedigingsminister, Thandi Modise, te vra vir ‘n ondersoek na wat hy bestempel as die nasionale weermag se bisarre besluit om ‘n ketting bakkerye te open. ‘n DA-parlementslid, Kobus Marais, sê hoewel die party erken die weermag het kontantvloei-probleme wat tot bedryfsuitdagings lei, is die opening van bakkerye nie die oplossing nie.