Omstrede wetsontwerp oor beleggings uit NV onttrek

Die omstrede Wetsontwerp vir die Bevordering en Fasilitering van Beleggings 2021 wat verlede week in die Nasionale Vergadering deur die Namibiese handelsminister, Lucia Iipumbu ter tafel gelê is, is vanmiddag onttrek tot verdere kennisgewing. Die wetsontwerp het oproer in die privaat sektor veroorsaak. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsings Vereniging het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.