Vyf vermeende ontvoerders in SA vasgetrek

Die nasionale polisie-kommissaris in Suid-Afrika, Khehla Sitole, het die polisie geloof ná die inhegtenisneming van vyf vermeende ontvoerders vandag. Tahseen Mateen Kardame is vroeër die maand buite sy pa se hardeware-sakeonderneming in Benoni ontvoer. ‘n Multi-dissiplinêre geïntegreerde taakspan is geaktiveer, wat gelei het tot Kardame se redding. ‘n Woordvoerder van die polisie, Vish Naidoo, sê die verdagtes sal Donderdag in die Benoni landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, afpersing en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.