Vleis-vereniging vra vir opheffing van tariewe op pluimvee-produkte

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Vleis-in- en -uitvoerders doen ‘n beroep op die regering om BTW en handelstariewe op alle pluimvee-produkte op te hef om te verseker verbruikers kan die produkte bekostig. Die uitvoerende hoof, Paul Matthew, sê die opheffing van tariewe kan ‘n afname van 33 persent in die pryse van gebeende hoenderstukke meebring en tussen 18 en 20 persent vir hoender-afval. Hy sê omdat Suid-Afrikaners onder ernstige finansiële druk gebuk gaan, behoort die regering ‘n moratorium van drie jaar op ingevoerde pluimvee-tariewe te plaas.