DA bemoedig deur bevel teen voormalige lotery-baas

Die DA sê hy is bemoedig dat die wiel van geregtigheid begin draai teen dié wat geld van behoeftige gemeenskappe gesteel het. ‘n Regter het ‘n bewaringsbevel toegestaan teen die oudvoorsitter van die Nasionale Lotery, Alfred Nevhutanda, se luukse huis van miljoene Suid-Afrikaanse rand. Die Spesiale Ondersoekeenheid het bevind die huis is gekoop met gelde wat aan organisasies sonder winsoogmerk gegee is onder die voorwensel dat dit toelaagbefondsing van die Loterykommissie is. ‘n DA-woordvoerder, Mat Cuthbert, sê hulle verwelkom die bevel: