Rehoboth vergader met inwoners van informele nedersettings 

Die Rehoboth dorpsraad sal die naweek ‘n opname uitvoer in samewerking met die Shack Dwellers Federation en die Duitse GIZ. Die raad wil meer inligting hê oor die stand van sake in informele nedersettings op die dorp. Verskeie vergaderings sal beide Saterdag en Sondag plaasvind, soos Desiree Pieters, skakelbeampte van die raad, verduidelik.