DA: ANC val bestedingskrag aan

Die DA sê in plaas daarvan om sy plig na te kom en ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir ekonomiese groei, het die regering in wese die bestedingskrag van Suid-Afrikaanse huishoudings onverbiddelik aangeval. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers met 50 basispunte tot 8,25 persent verhoog het. Dion George van die DA sê hierdie krisis word veroorsaak en vererger deur die ANC se fiskale beleidsraamwerk wat behoeftiges misken en sy internasionale politieke standpunt.