IPC soek referendum vir selfdegeslaghuwelike

Die Independent Patriots for Change sê die hooggeregshof het ‘n “ernstige en duidelike oordeelsfout” begaan in sy uitspraak dat die regering selfdegeslaghuwelike wat geldig buite Namibië gesluit is, moet erken. Die party sê in die lig van die ernstige skending van die Namibiese Grondwet, sal die IPC die proklamasie van ‘n nasionale referendum ondersteun as die enigste, wettige oppergesag waarin die mense van Namibië hul gesag mag uitoefen. Die party het gesê die afkondiging van ‘n nasionale referendum is die enigste manier om die hofuitspraak om te keer.