Vier sterf in skietvoorval in Japan

Vier mense is dood in ‘n skietvoorval in Japan. Die seun van ‘n plaaslike politikus van die stad Nakano het glo ‘n vrou in ‘n huis aangehou. Die polisie het op die toneel aangekom, waarna ‘n skietery uitgebreek het. Twee polisielede is dood en die vrou het aan steekwonde beswyk. Die liggaam van nog ‘n vrou is later buite die huis gekry. Die verdagte, wat intussen in hegtenis geneem is, was blykbaar in kamoefleerdrag geklee en het ‘n jaggeweer in sy besit gehad. Skietvoorvalle is uiters ongewoon in Japan, en die besit van wapens word streng gereguleer. Die motief vir die skietery is nie bekend nie.