DA: 40 000 werksgeleenthede gaan verlore in Gauteng

Die DA in Gauteng sê 40 000 werksgeleenthede het verlore gegaan omdat die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling, onder leiding van die LUR, Parks Tau, die uiters belangrike werkskeppingsteiken vir die 2021/22-boekjaar misgeloop het. Die DA-lid, Makashule Gana, is bekommerd dat die departement sy voete sleep ten opsigte van die bemagtiging van ondernemings deur die Global Business Services-program.