Helderberg-natuurreservaat vir ‘n maand gesluit ná brand

Die Stad Kaapstad sê die Helderberg-natuurreservaat sal vir die volgende maand gesluit bly, sodat die biodiversiteitspan die geleentheid kan kry om die naweek se brandskade te bepaal en vas te stel watter herstel-maatreëls ingestel moet word. Die brand het die reservaat Saterdag beskadig en is Sondag onder beheer gebring. Die burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, Eddie Andrews, sê ongeveer 280 hektaar van die reservaat het gebrand.