D+ punt vir !Gawaxab is snert sê ekonoom

Reaksie word ontvang op die gradering van die Bank van Namibië se goewerneur Johannes !Gawaxab se D+-gradering deur die Global Finance-tydskrif in ‘n peiling. Plaaslike ekonome stem nie saam met die swak ‘punt’ nie en volgens die onafhanklike ekonoom en navorser Gabriel Erastus, het !Gawaxab uiters goed gevaar, veral met die pandemie.

Die tydskrif het melding gemaak dat !Gawaxab versigtig is met Namibië se fiskale beleid en voeg by dat dit te vroeg is om hom te evalueer omdat hy eers in 2020 oorgeneem het. Volgens die peiling het hy redelike goeie ingrypings gemaak om die ekonomie teen die invloed van die pandemie te beskerm, wat die lae rentekoerse insluit.