Duitse ‘kinderhuis-stigter’ verskyn weer op Opuwo vir onsedelike aanranding

Die Duitse burger wat in hegtenis geneem is verband met wetgewing wat handel met die onsedelike aanranding van kinders en die beskerming van kinders, sal vandag weer in die hof op Opuwo verskyn. Dr. Ramon Flick het volgens owerhede ‘n vreemde verhouding met twee meisies, agt en 11 jaar oud, gehad het. Hy is herhaaldelik in hulle geselskap gesien en het ook na bewering, hulle twee dae by sy woning aangehou, onder die vaandel van navorsing vir die vestiging van ‘n kinderhuis. Flick, 50, sal na verwagting aansoek doen vir borg vandag. Sy naam word verbind met navorsing oor slenkdalkoors maar hy het ook die Papa Ramon’s Hope Kids gestig. Hy het ook in Uganda ‘n kinderhuis gestig. Hy beskryf homself as a sendeling en sê God het hom geroep om kinders by te staan.