Covid-19 help om voortvlugtige aan te keer…

‘n Man van Rhode Island wat glo voorgegee het hy is oorlede en uit Amerika gevlug het om vervolging in Utah en ander state vry te spring, is in Skotland aangekeer, na hy weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem is. Die 35-jarige Nicholas Alahverdian, wat deur Interpol gesoek is, staar uitlewering na Amerika in die gesig, om op ‘n aanklag van verkragting in Utah in 2008 tereg te staan. Die polisie in Rhode Island sê hy het ook versuim om as ‘n seksoortreder te registreer, terwyl die FBI aanklagte in Ohio ondersoek dat hy kredietkaarte in sy stiefpa se naam uitgeneem en meer as 3 miljoen Namibiese dollar se skuld gemaak het.