Cyril sal saamwerk oor stemgreep-saga

Die ANC se hoof van die Presidensie, Sibongile Besani, sê President Cyril Ramaphosa sal sy samewerking aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge gee. Die komitee het die president versoek om skriftelik te reageer op ‘n uitgelekte klankgreep waarop hy klaarblyklik erken staatsgeld is vir ANC-veldtogte gebruik. Dit volg nadat ‘n ANC-LP, Mervyn Dirks, die komitee gevra het om die saak te ondersoek. Besani sê Ramaphosa respekteer die regsorde en sal aan die komitee terugvoering gee: