Dewald sê hy het sy kwota beserings gehad, hou nou duim vas

Die Blitsbok-losskakel Dewald Human sê hy het sy kwota beserings gehad maar is nou fiks en wil op die wenpad bly. Die Blitsbokke berei voor vir die vierde toernooi van die Wêreld- Sewesreeks die naweek in Seville, Spanje. Die 26-jarige Human, wat twee keer vantevore die Blitsbokke gelei het, sê hy is gemaklik in sy huidige rol as ondersteuning vir Branco du Preez of Selvyn Davids: