Cyril nog doodstil oor Phala Phala, ‘oorweeg alle opsies’

President Cyril Ramaphosa het toe nie Suid-Afrikaners toegespreek nie, maar, ‘n aankondiging word blykbaar binnekort verwag. Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê Ramaphosa ondersoek ‘n aantal moontlikhede omdat hy besef hoe belangrik die kwessie is en wat dit vir die land beteken. Dit volg ná die bekendmaking van die Artikel 89-paneel se verslag waarin bevind is daar is prima facie-bewyse dat die president sy ampseed geskend het. Dit hou verband met die diefstal op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê hy oorweeg alle opsies deeglik:

Intussen sê Magwenya die idee dat Ramaphosa nie vertroue in die ANC se parlementêre koukus het nie, is bloot nie waar nie: