Currie-beker: NRU berei nog voor

Die Namibiese Rugby-unie sê hy is nog besig met sy finale voorbereiding vir die 2022 Currie-beker toernooi wat die naweek amptelik in die buurland afskop. Die tussentydse hoof uitvoerende beampte van die unie, Willem Steenkamp het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle steeds voorleggings in die verband doen. Die Welwitschias neem aan die Eerste Afdeling van die toernooi deel wat later vanjaar begin.