Miljarde word verloor tydens opheffing van internetdiens

Afrikalande Suid van die Sahara het net minder as 31 miljard Namibiese dollar verloor as gevolg van wydverspreide opheffings van internet dienste in verskeie lande verlede jaar. Talle Afrika-regerings het die dienste opgehef in ‘n poging om burgerlike onrus onder beheer te bring. Die Global Cost of Internet Shutdowns-verslag vir 2021 sê 75 persent van die opheffing van dienste het saam met toenemende menseregte skendings voorgekom, wat met amper 80 persent teenoor 2020 toegeneem het. Beperkings op vryhede, wat die pers insluit, is ook deur die opheffings aangeteken. Nigerië het die meeste verloor, 23,2 miljard Namibiese dollar, en is internasionaal tweede geplaas. Mianmar het die meeste verloor, net minder as 45 miljard Namibiese dollar.